Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 29 NOVEMBER 2015

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Elektroniese opname van hierdie nuusbulletin is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.


In die nuus vandag.

JAARLIKSE JEUG OP DIE LUG AKTIWITEIT DIE DESEMBER

DIE SPORADIESE-E SEISON NOU OOP IN DIE SIUDELIKE HALFROND

OPROEP AAN VOORNEMENDE HAMNET LEDE


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.



**** Vanaf Dinsdag 1 Desember tot 31 Desember 2015 is die jaarlikse Jeug Op Die Lug gebeurtenis en sal YOTA stasies vele kontakte wêreldwyd met mekaar maak, dus 'n gulde geleentheid om jong amateurs in hul tienerjare en vroëe 20s met hul eweknieë op die lug te kry.

Onthou asseblief dat dit nie 'n formele wedstryd of kompetisie is nie, maar 'n manier om die jeug op die lug te kry en om hulle te laat besef dat daar honderde ander jongmense regoor die wêreld is wat net soos hulle oor die stokperdjie dink en voel. Dus is die hoofdoel om jongmense op die lug te kry en om kontak met jongmense oor die hele wêreld te maak.

Dit is 'n gulde geleentheid vir klubs om 'n demonstrasie te doen by 'n plaaslike skool of om saam met amateur vriende bymekaar te kom by hul plaaslike klub en om hierdie groot stokperdjie van ons aan ons Suid-Afrikaanse jeug te demonstreer. Let daarop dat die ZS9YOTA roepsein geregistreer is as 'n opvoedkundige roepsein en kan dus gebruik word deur enige persoon onder die ouderdom van 26. Indien 'n persoon onder 26 nie 'n eie roepsein het nie (met ander woorde nie 'n gelisensieerde radio amateur is nie), mag hy / sy toegelaat word om die ZS9YOTA roepsein te gebruik, solank dit gedoen word onder toesig van 'n ten volle gelisensieerde radio amateur.

As jy 25 jaar oud of jonger is, word jy uitgenooi om aansoek te doen vir 'n tydgleuf gedurende Desember om die spesiale roepsein te gebruik óf as 'n individu of as 'n klub stasie wat bedryf word deur jong mense.

Stuur jou versoek aan Koos ZR6KF by koosfick096@gmail.com of na Nico, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za Hulle sal jou ook voorsien van meer inligting en beantwoord enige vrae wat jy moontlik het.

Alle verwante inligting is beskikbaar op die SARL webwerf en by www.hamradio.org.za.
Geniet baie plaaslike en DX kontakte al julle jongmense daar buite!


****Onvoorspelbare en sterk 50 MHz openings kan moontlik voorkom in die suidelike halfrond gedurende Desember en Januarie. Dit gebeur wanneer die Maksimum Gebruiks Frekwensie in die E-laag styg na 100 MHz, of wanneer dit 200 MHz bereik dan is E kontakte op 144 MHz moontlik soos onlangs in Australië, Nieu Zeeland en Suid Amerika waar geneem is. In die verlede is verskeie Es kontakte gemaak op 50 MHz FM enESB tussen Gauteng en Port Elizabeth enKaapstad, asook tussen Durban en Kaapstad. The twee ZS6DN bakensby Irene was uitstekende aanduidingsvan Es openings op 50 en 144 MHz,ingesluit meteor uitbarstings. Anders as Australieseen Nieu Zeelandse openings op 50 MHz in die RSA,was hierdie openings maar baie skaars in die afgelope paar jaar en dit kan toegeskryf word aan die feit dat die 50 MHz bakens almal in 'n noordelike rigting gerig is asook 'n tekortkoming aan monitering van toestande wat bydrae tot die feit dat openings geleenthede gemis word.

Sporadiese-E openings op 50 MHz in Suid Africa kom gewoonlik voor tussen08:30 en 11:00 SAT en somtyds ook in die middae. DX Es-openingeNoord na Namibië, Zimbabwe,Zambië en Midde-Afrikawas waar geneem om en by die middel van die dag en ook Suid tussen Port Elizabeth en Marion eiland rondom middernag. Es openinge op 50 MHz kom meer gereeld voor, nie te min, VK en ZL het menige lang afstand kontakte gemaak op 144 MHz gedurende die 2014/2015 Es seisoen.Omdat Sporadiese-E so onvoorspelbaar is, kan slegs 'n vroegtydige waarskuwing van 'n 50 MHz bakenbuite die skip afstand van 500-600 km, wat vergroot na 800-900 km op 144 MHz geskied. 'n oproep word gemaak aan alle 50 MHz baken operateurs in Krugersdorp, Polokwane en Rosh Pinah in Namibië, om hulle antenna bakens suid te draai vir die duur van die Sporadiese-E seisoen.


****In 'n opvolg van verlede week se veldtog om nuwe belang in Hamnet te kweek en om jou vermoëns in diens van Hamnet te stel tot diens van die gemeenskap, is daar weereens 'n oproep aan alle voornemende Hamnet lede om hulle dienste aan te bied. Daar is 'n toegewysde Hamnet Direkteur vir elk van die 9 provinsies, meeste van hulle is alom bekend en ook toegewyde radio amateurs. As jy nie weet wie die direkteure is nie en of nie iemand ken wat reeds 'n Hamnet lid is nie kan jy gerus vir Dave per epos kontak by zs1dfr@telkomsa.net en hy sal jou van al die nodige inligting voorsien.

Hamnet het 'n laserskuif met alle nodige inligting, advies, stem prosedures en pro woorde om te gebruik tydens spesifieke boodskappe of aksies, frekwensies vir nood kommunikasie en vele ander advies. Alle divisies hou gereelde vergaderings en kursusse vir nuwe lede om met die prosedures vertroud te raak. Jy kan dalk op gelei word om 'n helikopter landings strook te beveilig wanneer beseerde pasiënte vervoer moet word. As jy ander vermoëns het soos bv. 4x4 ondervinding of bergklim vermoëns, kan jy gebruik word om ook opleiding te doen.

Verskeie items en Hamnet kleredrag is ook beskikbaar, insluitend weerkaats baaitjies en veiligheidshelms asook harnasse wat radio’s en selfone byderhand hou gedurende aktiverings.

Hamnet het iets vir almal, so moenie langer wag om aan te sluit nie. Kontak jou direkteur in jou streek of ZS1dfrby die volgende epos zs1dfr@telkomsa.net


U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.


**** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

. ZSL1143 Johann le Roux
. ZSL1144 Marie Grobbelaar
. WW6MM Mike A Marin (aansoek deur na IKOSA vir ZS6MAM - gereserveer)

Die volgende klubs het 'n aansoek gerig om geaffilieer te word.
ZS5ZU Hammies Amateur Radio Club (KZN)

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskap van die SARL is tans 1588 plus 41 geaffilieerde klubs.



**** En nou die week se voortplantingsverslag.Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Aktiewe sonvlek 2457 het 'n komplekse magnetiese samestelling en kan die bron van M-klas fakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 58 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral rondom sonsopkoms en met sonsondergang goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


****Die SARL Aria frekwensie teller is nou beskikbaar en kan per pos bestel word of jy kan dit self by die Nasionale Amateur Radio sentrum kom afhaal. Daar is twee pos bestelling opsies beskikbaar, via Postnet of die Suid Afrikaanse Poskantoor.

Koop vir jouself 'n kers geskenk. SARL lede kry 10% afslag op die lede prys van die stel wat R550.00 kos. Sou jy voor 5 Desember 2015 jou betselling plaas, is daar ‘n verdere besparing van R55 op die nie-lede prys van R800.00.Kry jou bestellingsvorm by www.sarl.org.za
Die frekwensieteller het verskeie interessante funksies, 'n maximum werkings frekwensie van 40 MHz, 'n resolusie van 10 Hz, lae stroom verbruik (15 mA), en is maklik om te bou wat die boustel 'n lekker naweek projek maak. Die ontwerp is eenvoudig in aggeneem dat meeste van die funksies deur die mikro proseseerder wat klaar vooraf geprogrammeer is en by die boustel in gesluit is self gedoen word.Vir diegene wat die basisiese eenheid bo die HF frekwensies wil gebruik is daar spasie waar ‘ “pre-scalar” geintegreerde stroombaan gemonteer kan word. Hierdie geintegreerde stroombaan is nie by die boustel ingesluit nie.Hierdie boustel is ideaal en voldoen aan die nodige amateur radio regulasies wat voorskryf dat elke amateur 'n doeltreffende metode moet hê om versendings frekwensie te kan meet.



**** Die nuwe datum vir die 5 MHZ naweekis nou 5 en 6 December 2015. Inligting sal vanaf Maandag op die SARL web tuiste beskikbaar wees.



**** Die nuwe 2016 ARRL handboek is nou beskikbaar vanaf die SARL Ontwikkelings Trust se boek winkel. Voorraad is beperk en in ag genome die swak Rand Dollar wisselkoers is die prys van die nuwe handboek klein bietjie meer as die van die 2015 ARRL handboek. Ook beskikbaar is die McGraw Hill boek : Arduino Projects for Amateur Radio. Inligting en bestelvorm kan gekry word op www.amateurradio.org.za


**** En nou vir die dagboek van gebeure

1 Des – begin van Jeug Op Die Lug maand
5 & 6 Dec – 5 MHz naweek
6 Des – SARL digitale kompetisie
10 Des – laaste dag vir RAE eksamen sentrums en HF Assessor registrasie
12 & 13 Des – ARRL 10m kompetisie



Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.


**** In 'n opvolg van verlede week se veldtog om nuwe belang in Hamnet te kweek en om jou vermoëns in diens van Hamnet te stel tot diens van die gemeenskap is daar weereens 'n oproep aan alle voornemende Hamnet lede om hulle dienste aan te bied. Daar is 'n toegewysde Hamnet Direkteur vir elk van die 9 provinsies, meeste van hulle is al om bekend en ook toegewyde radio amateurs. As jy nie weet wie die direkteure is nie en of nie iemand ken wat reeds 'n Hamnet lid is nie kan jy gerus vir Dave per epos kontak by zs1dfr@telkomsa.net en hy sal jou van al die nodige inligting voorsien.




Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur, Vivian, ZS6VD en gelees deur,John Keulder, ZS6BXL.


Dankie dat jy geluister het.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `ʼn mooi week toe. Totsiens

73

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003